Trust vir ’n familie-vakansiehuis
Jy en jou broer of suster wil graag saam ’n vakansiehuis aankoop. Gesamentlike eiendomsreg is aantreklik omdat dit fondse poel en uitgawes verdeel — en met drie of vier families wat saampoel, word die voordele soveel groter.
Die geneukery kom wanneer een van die groep wil onttrek, of te sterwe kom. Normaalweg moet ’n breukdeel van die eiendomsreg dan verkoop word, en in die geval van ’n boedel kan dit gebeur dat daar oor 30 jaar 20 mede-eienaars is wat mekaar nie ken nie.
Die antwoord is om ’n trust op te rig en ’n prokureur te raadpleeg om die trustakte op te stel en die aanstelling van trustees so te reël dat elke familie ewewigtig behandel word. Die eiendom word dan deur die Trust aangekoop en deur die trustees bestuur.
Trusts betaal nie meer (soos voorheen) addisionele heregte nie. Die eiendom bly buite die boedel van ’n familielid en word dus nie vir boedelbelastingdoeleindes gereken nie.
Gesels met ons oor ’n trust